Friday, February 10, 2006

Lang wag


Ek het gisteraand uiteindelik Brokeback Mountain gesien, 'n fliek waarna ek baie uitgesien het. Dit het gister hier in Nieu-Seeland begin. Ek het lank gelede die storie gelees en dit het my nogal regtig geraak. Ek het baie uitgesien na die fliek, maar ek gaan nie enige kommentaar lewer nie - gaan sien dit liewer self. Ek vergelyk dit dalk 'n bietjie te veel met die storie. Ek moet byvoeg dat ek met my sensitiewe sieletjie myself nogal goed gedra het in die fliek (dis onteenseglik deels 'n hartseer storie), maar daar het nie een traan oor my wange gerol nie - tot die heel laaste toneel, toe bars die dam 'n bietjie. Net 'n klein bietjie, want toe kom die ligte aan.


En hierdie is een van die vreeslik baie skewe geboue in Dunedin.

5 comments:

Do Kwang said...

Dis nie 'n skewe gebou nie, jy het die kamera skeef vasgehou.

Do Kwang said...

Het jy regtig soos 'n meisie gehuil in daai fliek?

rondloper said...

Ek het gehuil soos 'n cowboy, soos die cowboy Ennis del Mar in die fliek huil. Cowboys mag huil.

Anonymous said...

Wie't die boek geskryf?

rondloper said...

Annie Proulx was die skrywer. Dis 'n kortverhaalbundel, waarvan ek nie die titel kan onthou nie, maar mens sal dit maklik kry.