Wednesday, February 08, 2006

See en sand

Ek was die afgelope vier dae heen en weer tussen Nelson (genoem na Lord Nelson van Trafalgar-faam), Collingwood (ook een van die mense in die Slag van Trafalgar) en 'n plek met die ongelukkige naam Takaka. Dit was nou weer vier minder interessante dae, maar heel rustig. Collingwood en Takaka was eens sulkke hippie-agtige dorpies (1200 mense woon in Takaka en 200 in Collingwood), naby die see en in wat hulle noem Golden Bay - pragtige area met wingerde, vrugtebome, dolomietgrotte en baie heuwels en berge. Maar daar gebeur nie veel nie. Die ryk hippies van Auckland het Takaka oorgeneem en dis nou net 'n toonbeeld van kommersialisme. Daar was darem mooi strande naby. En by Collingwood is die Farewell Spit, dis die langste sandbank in die wereld/NS/die Suidelike Halfrond, so-iets - baie interessant maar na twee uur is sand en nog sand en nog sand nie meer interessant nie. En die toer het sewe uur aangehou. En R500 gekos. Maar as ek nie gegaan het nie, sou ek gewonder het. Die interessantste ding wat ek gesien het, was op die bus op pad terug. Ons het verby 'n strandmeer gery, en die hele meer was vol grafiti, op die bodem, gepak met klippe as die gety uitgaan. Daar was nogal mooi patrone en dinge, ek het gedink dis nou 'n oulike idee, want dit doen niks skade nie. Maar ek het nie foto's geneem nie, dit sou nie deur die nat busvenster werk nie. Dit reen nou al die hele dag, die hele Suideiland vol. Ek is vanoggend per bus van Takaka na Nelson, toe vlieg ek na Christchurh, en toe Dunedin, heel in die suide van die land.


Sulke soort tekens sien ek dag na dag in die plekke waar ek bly. Hierdie is in Nelson.


Patrone in die sand op die Farewell Spit. Daar was baie buitelanders op die toer en daar was so 'n kleinerige sandduin, die buitelanders het soos mal goed daar foto's geneem, blykbaar ken hulle nie sandduine nie. Toe sien ek die patrone raak.


'n Rob op die Farewell Spit. Wat ek hierbo geskryf het oor die sandduin, geld ook vir die rob.


'n Strand naby Takaka, waar ek een hele dag in die son gele het. Ek het vandag een van die mense wat ek in die backpackers daar ontmoet het, David van Boston, op die lughawe raakgeloop, so klein is NS partymaal.

1 comment:

Anonymous said...

Toe ek nou in Engeland was het die regering daar daar in 'n "free vote" (hulle kon buite partyverband stem) gestem om rook in alle pubs en restaurante heeltemal te verbied...die Engelse is nogal omgekrap daaroor!