Wednesday, February 01, 2006

Om 'n berg te verower

Dit is wat ek more gaan doen - met ysskoene, pikke en 'n warm jas. Ek is in Franz Josef (ja, dis Nieu-Seeland) en gaan more op 'n regte egte gletser klim en stap. Die hele dag lank, in die middel van die somer (NS is baie warmer as wat 'n mens dink). Ek is so opgewonde soos 'n dogtertjie met 'n nuwe pop. Die ander foto is sommer net 'n blik van die berg hier van die dorp af. Van die os op die jas, ek is besig om The Shipping News van Annie Proulx te lees - wonderlik!


No comments: