Friday, June 16, 2006

Wonders van die wereld: deel 7


Die Angkor Wat-kompleks by Siem Reap. Ongetwyfeld die mees skouspelagtige antieke tempelkompleks ter wereld. Bouwerk het in die jaar 800 begin.


Daai drie torings op die boonste foto - mens kan teen hulle opklim met hierdie trappe. Baie, baie meer steil as wat dit op die foto voorkom!


Ek het net 'n rukkie in die skadu gesit en hierna gekyk.


In een van die lekker koel gange wat reg om Angkor Wat loop.


Die hele Angkor-kompleks is so groot soos die District of Columbia, reken Marshall, dis wyd-uitgestrek met baie geboue. Hierdie is 'n ander tempelkompleks, Bayon.

3 comments:

rondloper said...

Nee, ek het nie genoeg tyd gehad vir die Jungle-tempel ook nie. Maar Kambodja sien my mos eersdaags weer, as sakeman.

lolla said...

Watter een is die jungle-tempel? Die een waar die bome so deur als groei -Ta Prohm? Dit liggies het gereën toe ek daar was, nogals baie spesiaal. Wat se sake gaan jy bedryf?

rondloper said...

Ek dink die een waarvan jy praat is die Jungle-tempel. Ek was nie daar nie, Roelie sal weet! Klink wonderlik. Ek wil iets toerisme-gerig doen, Siem Reap is deesdae 'n wonderlike plek en verskriklik besig, maar ek dink aan 'n plek soos Battambang, hoewel ek nie daar was nie, is dit volgens my Kambodjaanse vriende baie dieselfde as Siem Reap, mooi ou Franse-koloniale geboue so reg uit Indochine. En allerhande avonture rondom die stad.