Saturday, June 24, 2006

Hoe ver is ver?


Ek speel gisteraand toe so vir die snaaksigheid op die internet met afstande tussen stede, ek wou kyk waar was die verste plek wat ek op my reis was. Dit was natuurlik Apia in Samoa. Presies 14375km van die Kaap af. Maar dis nog nie die verste wat 'n mens kan reis van SA af nie. Ek het in einste Samoa 'n Sweed ontmoet wat vertel het die rede waarom hy soontoe gegaan het, was omdat Samoa die verste plek van Swede is wat bestaan. Hy maak egter 'n fout, Samoa is net 100km verder van Swede as wat dit van die Kaap is. Die aarde se omtrek is net so oor die 40000km, dus moet jy net so oor die 20000km reis om regtig op die verste punt van jou blyplek te wees. Ek het hard gesoek, maar kon geen spesifieke plek kry wat so ver van SA is nie. Die verste is Honolulu in Hawaii, ek was dus goed op pad soontoe toe ek in Samoa was - Hawaii is nog vyf uur se vlieg daarvandaan. Honolulu is 18700km van die Kaap af. Dus, my raaiskoot is dat die verste plek van SA af waarskynlik in die see tussen Hawaii en die Amerikaanse kus is. Verskeie stede in Noord-Amerika is baie ver van SA af, so tussen 16000 en amper 18000 km, maar Honolulu bly die verste. Kan iemand help? Is daar 'n land waar mens presies 20000km en 'n bietjie van SA af is?

1 comment:

PienkZuit said...

Die punt op die aarde wat die verste is van waar jy nou is, word 'n antipode genoem. Van daar die benaming antipodeans vir Aussies en New Zealanders in Britland (hoewel hulle nie rerig aan die ander kant is nie, maar naastenby). Kyk op my blog vir 'n post met 'n kaart waarop mens kan kyk waar jou antipode is.