Thursday, June 15, 2006

The Killing Fields


Net buite Phnom Penh is een van die Khmer Rouge se vele Killing Fields oor Kambodja. Dis omskep in 'n museum. Basies het hulle die plek min of meer gelos soos dit was toe die Vietnamese die Khmer Rouge in 1979 uitgeskop het. Daar is 'n stupa met skedels van die slagoffers, en hul klere.


Gevangenes is aan hierdie kettings vasgebind voordat hulle tereggestel is. Ek het nou die aand weer the Killing Fields gekyk, aangrypend fliek oor 'n mensemoord waarvan mens soms vergeet, soos Rwanda. DVD-winkels hier verkoop almal Hotel Rwanda.


Dit is die gedenk-stupa. Die skedels is van bo tot onder gepak. Tot drie miljoen mense is vermoor. Kambodja het nou 13 miljoen mense. Ek was saam met 'n Kambodjaan hier, en ons het die plek in volslae stilte verlaat.


Slagoffers se klere word nou nog deur wind en weer oopgegrawe en bly dan net daar, asn herinnering.


Hierdie prentjie is net te vreemd vir woorde. Daar is mensbene op die regterkant op 'n boomstomp gepak.

No comments: