Monday, June 12, 2006

Optimistiese land


Aan die waterfront in Phnom Penh, langs die Tonle-rivier. Vier riviere kom hier byeen, onder meer die Mekong en nog twee ander. Daar is oral heerlike restaurantjies langs die waterfront en sommige van die geboue uit die Franse tyd staan nog en is gerestoureer.


Aan die oorkant van die pad staan, le^ of sit die plaaslike inwoners - half doelloos en half armlastig. Soos te wagte, na die Killing Fields-tydperk, is hier heelparty weeskinders en landmynslagoffers. Maar selfs te midde van die armoede is die mense baie vriendelik.


Naby my gastehuis het hierdie enetjie vir my geloer.


'n Deel van die koninklike paleis, wat ook naby die waterfront is.

2 comments:

lolla said...

Jy praat seker van Poipet, dit rym nie verniet met toilet nie. Wat my verstand te bowe gegaan het was die luukse Casinos wat tussen die twee grensposte pryk met honderde mense wat om jou heen-en-weer waens stoot of trek met als op van kinders tot kool.

rondloper said...

Ek het Poipet gemis, ek het direk na Phnom Penh gevlieg (gratis met Air Asia op 'n promosie!) en toe per bus na Siem Reap gery. Die rit na Siem Reap is net ses uur en die pad is baie goed, miskien het hulle intussen bietjie werk gedoen. Of dalk is die pad na Thailand nog sleg. Lorette, in Sihanoukville is ook sulke regtige common, blink casinos tussen die gehuggies!