Wednesday, June 07, 2006

Thailand is geel


Dit is vandeesweek of vroeg volgende week die 60ste herdenking van koning Bhumibol van Thailand se bestyging van die troon. Daar word groot feesvierings beplan. Seker met rede, want Thailand se politiek was die afgelope paar maande 'n chaos.


Die kleur van die koning se verjaardag is geel. Mense dra geel (om my waar ek in die internetkafee sit byvoorbeeld, en oral op straat), en allerhande beelde, soos hierdie drie krygers, word met geel versier. Dis in Chiangmai.


Maar niemand het nog vir hierdie vrou wat haar kind borsvoed 'n geel jassie aangetrek nie.


En jy kan nie ver loop in Thailand nie of jy strompel by 'n tempel in nie. Die een is nogal uniek, die hele tempel is van kiaathout en is 'n paar honderd jaar oud. Dis by een van die sydeure.


Wees elektrisiteitswys - altyd, en red 'n lewe.

No comments: