Saturday, June 10, 2006

Chiangmai


Chiangmai en omgewing is 'n wonderlike plek. Almal weet ek's nie 'n te groot fan van Bangkok nie, maar Chiangmai, Thailand se tweede stad, is heerlik. Hierdie is in 'n tradisionele Hmong-dorpie buite die stad. Ons het te voet deur oerwoude soontoe geloop.


En later die dag met olifante deur die bosse gery. Dit was vet pret, veral aangesien, Taka, die Jappanees langs my, aanhoudend van die sitplek afgegly het en ek kon redder speel. Maar dis nogal moeilik om jou sit te kry. En ons het deurgeloop onder 'n modderbad. Hierdie foto is voor die modderbad.


Dit was die toneel vanaf die tradisionele dorpie.


Hierdie is op pad soontoe. Dit was regtig nogal 'n stewige staptog. Oor modderige paadjies. Ons het die dag afgesluit met 'n swem onder 'n waterval en toe met bamboesvlotte op 'n rivier gevaar, maar daarvan het ek nie foto's nie, want my battery was pap en dit was in elk geval nat.


In Chiangmai het twee Thaise ouens wat ek die vorige aand ontmoet het, my die vorige dag, toe ek nie in die bosse rondgeflenter het nie, op 'n toer van die stad en omgewing geneem. Ons was by 'n tempel hoog teen die berge, en by 'n pragtige meer net buite die stad. Hierdie kwartel-eiers was deel van middagete. My Thaise gashere het gese^ dis tradisionele Viagra.


Dis Ya, een van die gashere, en ek in die tempel besig om my geluk te toets. Of te soek?



Langs die meer is sulke hutte gebou waar jy sommer op die grond sit en heerlik eet. Dis ek en Ya en Ma. Dis 'n baie lekker plek, hierdie meer.

No comments: