Thursday, June 22, 2006

Soveel bly oor


Hierdie reis is klaar, ek kom Sondag in Johannesburg aan, so dis gepas om nou 'n kaart te plaas van die lande waar ek tot dusver was - 42 lande. Dis 17% van al die lande. Daar bly dus nog 83% oor om te sien. Ek tel nie Hongkong en Macau nie, hoewel hulle eintlik aparte gebiede is met hul eie geldeenheid en eie grense (die grens tussen China en Hongkong lyk nog kompleet soos die ystergordyn van ouds), maar ek tel wel Tibet, wat ek as 'n besette, maar aparte land beskou. Die kaart gee ook nie die opsie om St Helena in te sluit nie, ek dink nie die Amerikaanse skeppers van die kaart weet eens waar dit is nie.

1 comment:

rondloper said...

Ek brand natuurlik om al die lande waar ek ure lank op lughawens gewag het vir aansluitings ook in te sluit op my lys, maar dit sou kroek wees. Dit sou die lys deeglik laat groei - Venezuela, Italie, Dubai, Australie en Tonga.