Saturday, June 03, 2006

Tot u diens


In my swart kelnersuniform. Ek dink swart pas my nogal. Die ander kelnerinne en kelners het ook so gedink.


Ek is gisteraand deur my vriend Ben hier in Singapoer gevra om vir die aand uit te help as kelner in die restaurant wat hy bestuur. 'n Vreeslike stylvolle plek moet ek byvoeg. Wat 'n prettige aandjie was dit toe nie, ek is mos gewoond daaraan om mense in my gastehuis te bedien (maar dit was nooit meer as tien mense nie), gisteraand was heel 'n ander storie! En interessant om te sien watse afgryslike snobs sekere mense kan wees net omdat hulle dink hulle het geld. Hier is die restaurant se webwerf, gaan kyk gerus. Ook interessant om te sien hoe later dit raak hoe meer drink die restauranteienaar, 'n Aussie wat aan die begin van die aand heel senuweeagtig was en net al vroliker geraak het. Hy't sommer so uit die gaste se glase gedrink wanneer ek dit terugdra na die kombuis.

2 comments:

lolla said...

Die Roodepoortse Stadsteater het 'n goeie grondslag gelĂȘ.

rondloper said...

Dit kan jy weer se^. Daar het mens sommer baie dinge geleer dink ek.