Wednesday, June 21, 2006

Lekker kuier


Hier's nog 'n paar prentjies van Chiangmai. In dieselfde omgewing waar Thailand se hoogste berg is (sien die onderste post) is ook hierdie waterval. Ek het op 'n vorige keer hier onder so 'n waterval gesit vir 'n lekker watermassering op my rug.


Gisteraand was ek saam met 'n paar vriende na 'n partytjie in 'n klein dorpie buite Chiangmai. Ons het sommer so op die vloer gesit en kuier, en almal saam uit dieselfde bakke kos, met dieselfde eetgerei, geeet. Soms moet mens maar gewoond raak aan ander maniere van doen. Die kos was onder meer gebraaide padda, rou dierebinnegoed (ek weet nie watse dier dit was nie), half-uitgebroeide eiers en ander dinge. Gelukkig eet ek nie vleis nie en respekteer die Thais mens se eetvoorkeure. Hier is meer as een transvestiet op die foto. Dis immers Thailand.

No comments: