Friday, January 13, 2006

Totsiens


Sybrandus, Heino, Michelle en Hanlie by die Ocean Basket in die Kaap, waar ons net voor my vertrek 'n afskeidsete gehad het.


Johannes steek homself agter 'n wynglas weg in Cubana, Table View se lekkerste kuierplek (o ja, daar's Buckleys ook) wat ek beslis gaan mis.

Ek het nou reeds die land verlaat, maar hier is vir oulaas twee foto's van my laaste paar dae in die Kaap. Dit het op een manier vir my gevoel of ek letterlik my sleutel weggooi, want ek het besluit ek gaan hierdie reis met geen einddoel in gedagte nie aanpak. Wat beteken dat wat ookal langs die pad gebeur, ek sal kan aangryp soos ek wil - ek bedoel as ek byvoorbeeld werk kry iewers gaan ek dit vat, vir 'n tyd lank. En dalk langer wegbly as beplan. So laat ons wag en sien wat gebeur - en julle sal eerste daarvan lees op hierdie blog.

No comments: