Friday, January 20, 2006

Eilandstemme


Die hawe in Port Fitzroy, een van die dorpies op Great Barrier-eiland. Ek het daar sowat 45 minute gewag vir 'n veg-burger. Dis 'n mooi pad soontoe, grondpad (hulle noem dit metalled road - ek verstaan dit glad nie).


Selfs in die paradys is daar kinders wat uit blote verveling nie meer weet wat om met hulself te doen nie.


Die naglewe op Great Barrier. Die dorpie Claris waar ek gebly het, het geen kroeg nie en net een restaurant wat werklik belaglik duur was. Dus - boeklees in die kamer met lekker musiek was waarmee ek myself gespoil het. Ook net tot so halftwaalf, toe die eiland se kragopwekkers afgeskakel is en die ligte afgegaan het. Dit het nie die muskiete gekeer nie. Ek het sulke vulkaniese uitbarstings oral op my lyf soos die muskiete my getakel het.

5 comments:

Anonymous said...

Hi

Bedoel hulle dalk met metalled road dalk 'n sinkplaatpad? Die eiland lyk baie mooi, maar dit klink asof jy heeltemal te alleen was.

Do Kwang said...

Hei Driesie
Wie het daai foto geneem waar jy soos 'n Victoriaanse maagd op die kooi le^ met jou bene uitgestrek?
Almal hier mis jou baie en ek voel sleg oor al die kere wat ek met jou gestry het oor die kommunisme.

rondloper said...

Hei Johannes, my nuwe kamera wat ek op Singapoer gekoop het, het 'n selfportret-funksie - baie handig as daar niemand anders naby is nie. En ek dink Ursula le Guin is self links-gesind, het Changing Planes pas klaar gelees en ek dink sy is beslis een wat soos ek sterk voel oor die armlastiges en agtergebelewens op hierdie aardbol.

Do Kwang said...

Driesie, is hierdie foto's in Wellington geneem?
'n Vrye mark is al hoop vir die armes!!!!!

rondloper said...

Nee man, dis Great Barrier hierdie. Hierdie blog is chronologies, verstaan jy die woord? Die armes in Nieu-Seeland is baie gelukkig, hulle hoef nie te werk nie, maar kry steeds baie welsyngeld en sit op hul agterente. Ja, ek weet jy is reg.