Saturday, January 14, 2006

Op 'n eiland


Ek vertrek more na die Great Barrier-eiland, aan die ooskus van Nieu-Seeland. Dit is blykbaar heeltemal afgesny van die buitewereld - geen bank, geen supermark, geen teerpaaie, baie swak selfoonontvangs. Daar gaan ek sit en dink oor my sondes. O, ja, en ek gaan saam met die dolfyne swem, ek gaan deur die bosse loop, en ek gaan op die strand sit en lees. Maar miskien is daar nie internet-kafees nie, dan sal my blog ongelukkig 'n paar dae lank stil wees. Ek hoop egter die plek waar ek gaan bly het 'n internetkafee, dan sal ek voortgaan om te publish.

No comments: