Friday, January 27, 2006

Hou koers!

Ek is geslaan deur 'n effense olikheid en het nog nie daarby uitgekom om my nuwe foto's te laai nie, maar ek belowe dit sal binnekort verskyn - Napier die Art Deco-plek en Wellington die plek wat lewe. Wellington het my nuwe hoop gegee vir Nieu-Seeland, dis wonderlik hier. Geniet intussen hierdie storie en foto oor die mooie Charlize wat in Auckland is.

2 comments:

Anonymous said...

HI - hoop jy voel beter! Ek juis gisteraand Oprah gekyk toe sy met Charlize gepraat het oor North Country - sy si seker goed daarin maar ek het nie baie lus om dit te gaan kyk nie. Sy en Oprha het mekaar gedruk asof hulle ou ou vreinde is! Celebrities darem!! Die hele berg het vandag nog gesmeul en 'n wit rookwolk het steeds oor die stad gehang. Hulle het 'n Britse toeris gevang wat die brand begin het - hy het 'n sigaretstompie by sy venster uitgegooi (NOG 'N REDE WAAROM JY MOET OPHOU ROOK, maar dis maar net my beskeie mening...)'n Ander Britse toeris is op die berg dood.
Gerda

rondloper said...

Roelie, dankie vir jou raad. Christchurch gaan my beslis sien, en hopelik (as ek nog tyd het en hierdie duur land nie al my geld wat ek nog moet oorhou vir die Ooste opvreet nie) sal ek by Dunedin uitkom. En Kaikoura (hoop ek spel reg), vir die dolfyne en walvisse en diere en so. Ek dink Wellington is heerlik boheems!