Tuesday, January 17, 2006
Isolasie
Ek het nie gedink daar is so 'n afgelee plek in die wereld as waar ek nou is nie. Het nou al om eerlik te wees genoeg tyd gehad om te dink oor my sondes (al was ek nog net 'n paar dae hier) en wag net om te hoor oor 'n moontlike werk op 'n plaas hier, as dit nie deurkom nie sal ek die eiland liewer vaarwel roep. Hier woon 600 mense, dis alles baie mooi groen, oulike picket fences en mooi plaashuisies, smal straatjies met byna geen verkeer nie - en baie kerke. Dis ongetwyfeld mooi, en ongerep, maar ek wil darem op een of ander tyd met iemand anders as myself en die winkelassistente praat. En die backpackers waar ek sover tuisgegaan het, het nie mense nie. Almal praat oor die stil seisoen. Die eerste aand het ek darem lekker gekuier met 'n outjie van Colorado, Andrew, wat toe ongelukkig die volgende dag vertrek het, en die enigste ander mens daar was 'n Duitse girl, Nicola, wat blykbaar bang is vir mense, want sy sprak g'n sprook nie al probeer mens ook. En dan was daar 'n familie van Nieu-Seeland wat nogal uitgevra het oor SA en baie graag vir my vertel het hoe gevaarlik is die haaie in NS. Moet my nie verkeerd verstaan nie, die eiland is pragtig, ek het vandag deur die bosse gaan stap tot by warmbronne, sommer so in die middel van die bos. Nie soos ons dit ken met toegangsfooie en netjiese swembaddens nie - die stroompie wat deur die bos vloei, en op plekke opdam, is letterlik die warmbron, dis weird om in te spring en dis kokend warm as jy 'n koue bergstroompie verwag. Ek sou foto's gelaai het, maar die een plek op die eiland waar ek internet kon opspoor, het 'n redelike ou rekenaar met geen USB-ports nie. So die foto's sal hopelik later kom. Ek is nou in 'n ander backpackers in die sentrale deel van die eiland, hier is ek letterlik die enigste gas, en ek word omring deur bosse vol wilde papegaaie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment