Wednesday, January 25, 2006

Kyk altyd vorentoe


Ek is nou in Napier, Art Deco-stad en Nieu-Seeland se Miami (volgens die toerisme-mense), ek sal hopelik more van Wellington af foto's laai, hier is heelparty interessante geboue. Laat my baie aan Springs dink. As ons Springs se middestad 'n nuwe laag verf gee, het ons ook 'n Miami.
Net om sommige van my vorige kommentaar oor hierdie stil land te regverdig: Eergister sit ek by 'n straatkafee/kroeg en 'n Duitser (Michael) van my backpackers-plek loop verby. Vra of hy maar kan sit, jy's welkom, antwoord ek. Waar is al die mense, vra hy? Hy was pas in Rotorua (waar ek ook was), en daar was ook nie mense nie en al die winkels was toe, hy verstaan dit nie, vertel hy. Rukkie later loop 'n ander ou verby, vra of hy maar kan sit. 'n Nederlander, kan nie sy naam onthou nie. Hy't nog nie eens gesit nie, toe se^ hy, dis darem 'n stil plek hierdie Nieu-Seeland. Sela.
Die Duitser het 'n vriend wat joernalis is, en baie kontak het met oud-Nazi's, Nazi-jagters en ander interessante mense. Hy vertel my hy het al vir Leni Riefenstahl (Hitler se filmmaker), Simon Wiesentahl, en ook die oud-kommunis Egon Krenz ontmoet, want hy gaan gewoonlik saam as sy vriend (met die naam Frank Brandenburg), sy onderhoude voer. Riefenstahl se kommentaar aan hom wat Michael is, toe sy haar 100ste verjaardag gevier het en so jonk soos 'n 70-jarige gelyk het (sy woorde): Jy moet altyd vorentoe kyk, jy moet altyd aan jou volgende plan dink, dan bly jy jonk.
Brandenburg het 'n boek ook geskryf, The Quest.

2 comments:

Do Kwang said...

Nazi's. Grrrrrr. West Beach waar ek woon is vervuil van die goed.
Wie is daai vrou op die stoepie met die AWB-vlag.

rondloper said...

Dis Leni Riefenstahl self, in 'n hysbak om 'n beter angle vir haar propagandafilms te kry. Sy het glo later jare in Soedan gewoon tussen 'n spul kaal, welbedeelde Soedannese mans - sien toevallig gister 'n boek hier in Wellington van die vrou tussen die kaal mans.