Tuesday, September 12, 2006

Vraag en antwoord

Ek het 'n vraag vir al die goeie lesers van rondloper. Help asseblief! Skielik word ek geteister deur vrae oor my gastehuisplan in Kambodja. Volgens 'n Amerikaanse vriend in Korea is dit omdat ek die laaste tyd so vry was, meestal gereis het en dalk nie lus het om te settle nie. Ek dink hy is dalk reg. Dit voel heel anders om nou hier rond te gaan en 'besigheid' te praat - skielik is ek bang vir vasgekeerd voel. Ek moet minstens 'n driejaarkontrak teken as ek voortgaan met die planne. Maar ek weet nou nie meer nie. Ek kan nie aanhou rondloop nie (of kan ek, en bloot aanhou vryskut werk as joernalis, daar is baie werk?) Of moet ek myself vasteken hier? Ek het twee opsies, een duurder huis ($700 per maand), goeie ligging, maar Sihanoukville-toeriste (sover) kom ek agter wil bly vir $4 'n aand of minder! Dus is die duurder opsie dalk nie noodwendig die beste nie. Dan 'n klein woonstelblok (letterlik) in die middedorp, grondvloer is oopplan (restaurant?), eerste vloer is drie slaapkamers, woonarea, kombuis en balkon, tweede vloer is groot oopplan-area, met reeds ingeboude kroeg (was voorheen 'n kroeg), en dan is daar ook 'n dakgedeelte vir 'n chillout lounge. Dit alles kos $300 per maand. Het wel bietjie werk nodig. Is in die middedorp, maar die een ongemaklikheid daar is die oorvloed van 'Hostess Bars' in die area. En seedy Fransmanne wat uit die Foreign Legion geskop is wat nou daar uithang. I am confused! Ek dink ek gaan myself nog 'n bietjie tyd gee. Ek gaan dalk oor twee dae Vietnam toe.

4 comments:

Do Kwang said...

Lees The Seven Habits of Highly Effective People, The Road Less Traveled, die Bybel en die Koran, dan sal jy vrae op al jou antwoorde kry.

rondloper said...

Nee! Ek het klaar genoeg vrae . . .

maeree said...

ek't 'n boek getiteld "the seven habits of highly ineffective people" wat ek vind nogal vir my werk.

Anonymous said...

flip a coin
dit werk altyd vir my
of gooi 'n dice as jy meer as een keuse het en almal dra eweveel gewig