Wednesday, September 20, 2006

Ek is (nog) nie in Thailand nie

Ek is in Maleisie, nie Thailand nie. Daar is dus geen rede vir kommer nie. En al was ek in Thailand, die staatsgreep was bloedloos en daar is nou bloot 'n militere regering, niks nuuts in Thailand nie (dis die sewentiende een sedert die Tweede Wereldoorlog). Ek gaan eers oor drie dae soontoe. Die groter probleem deesdae in Thailand is die burgeroorlog in die suide van die land, wat maar min publisisteit in die buiteland kry. Daar was so drie dae gelede 'n bomontploffing waarvoor Moslem-separatiste verantwoordelikheid aanvaar het in Hat Yai, gewilde suidelike toeristedorp. Een buitelander is dood. Maar dis baie streeksgebonde.

1 comment:

Anonymous said...

Hi Andre

Hou lang verlore Rondloper-leser vra nederig om verskoning dat ek so lank laas gepost of gelees het. het wel vir jou e-pos gestuur. Gaan bietjie dol aan hierdie kant, maar ek is bly jy het so interessante en lekker tyd. Mooi bly, Gerda