Tuesday, September 19, 2006

Kies kant

Dis vir my verstommend watse verskil 'n grenslyn kan maak. Vietnam was vir my ongelooflik lekker. Voorheen het ek baie mense ontmoet wat nie van Vietnam gehou het nie, hulle het gekla die Vietnamese is bietjie lastig (bedelaars, verkopers) en skelm. En dan het ek mense ontmoet wat dieselfde oor Kambodja gese^ het. Dit was duidelik dat baie mense of hou van Kambodja, of Vietnam, nie albei nie. Jy is 'n Vietnam-mens of 'n Kambodja-mens. Nou, ek is albei, maar ek moet se^ vir my is Vietnam by verre die beste. En die grootste verskil, dis skoon. Ongelooflik skoon. Gisteraand toe ek oor die grens ry terug in Kambodja in, is dit ongelooflik opvallend: aan Vietnam se kant silwerskoon, aan Kambodja se kant smerig vuil. Ek verstaan dit nie eintlik nie, albei lande het baie arm mense, hulle is bure, maar die een kant van die draad is skoon en die ander kant vuil. Ek dink dis deel van 'n nasie se psige - party lande is nou maar net skoon en ander nie. Dink Botswana. Relatief ryk, maar smerig vuil. Zimbabwe langsaan, arm, maar silwerskoon. Ek hou steeds van Kambodja, baie mooi plekke en nice mense, tog jammer hulle is so lief vir rommelstrooi. En my ondervinding in Vietnam was goed, ek voel nie ek is ooit ingeloop nie, ek het nice mense ontmoet, en dis 'n pragtige plek. Dus is ek 'n Vietnam-mens.

1 comment:

Voetstoots van Tonder said...

ek was nog nie in Kambodja nie, maar wel onlangs in Vietnam en ek het dit ongelooflik geniet - die mense was hier en daar lastig maar oor die algemeem hartlik en vriendelik - en ten spyte van die ongelooflike armoede voel mens oral veilig (seker 'n tipiese bevoorregte wit SA opmerking...maar nouja) - self was ek net in Hanoi - het jy daar uitgekom? cheers