Thursday, September 07, 2006

Blaas die toeter

Ek skryf hierdie met hande wat ligweg bewe: ek het vandag besluit om self 'n scooter te huur, eerder as die scooter-taxi's te gebruik, en, wel, dis vir my 'n heel nuwe ondervinding. Eerstens omdat ek nog nooit self 'n scooter gery het nie, maar dis gelukkig so maklik soos fietsry, maar tweedens omdat ek bietjie benoud was oor die Kambodjaanse bestuursgewoontes. Maar, when in Rome . . . Ek het nog nie eens weggetrek nie, toe begin ek al die toeter te gebruik, soos die locals, en dis verbasend watse gevoel van veiligheid dit gee. Hulle gebruik aanhoudend hul toeters, as waarskuwing dat jy op pad is, en dit werk ongetwyfeld. Dis eintlik die enigste padreel. En hou regs, meestal, soms, as jy lus is. Hier is nog 'n paar Sihanoukville-prentjies.


Iemand se drankie wat agtergebly het op die strand.


Sononder op Occheuteal-strand, dis die langste en gewildste strand hier. Daar is oral strandrestaurante, reg op die sand. Die Kambodjane swem met al hulle klere aan, hulle is 'n skamerige nasie.


Toonbeeld van weelde . . . My vreeslike kitsch hotelkamer. Om nie te praat van die olifantbeelde by die voordeur nie.

2 comments:

Lammervanger said...

Geluk met jou verjaardag van môre - hopelik sit jy darem nie op jou eie daar in die vreemde nie. Indien dit wel die geval is, lyk dit vir my asof daar genoeg poskaartstrande is waar jy kan gaan cocktails (ek bedoel mengeldrankies) drink.

rondloper said...

Thanks Lam! Ek is gelukkig een wat maklik geselskap kan opsoek as ek wil, ek voorsien nie 'n dag op my eie nie.