Saturday, September 23, 2006

Die gemaklike lewe

Ek moet bieg, ek hou darem soms van die gerieflike lewe. Dis vir my verskriklik lekker om nou in Kuala Lumpur in blink winkelsentrums rond te hang en by fancy coffee shops die ure te verwyl. Darem 'n wereld verwyder van Kambodja! ESPN het gisteraand 'n onderhoud met my gevoer oor die naglewe in KL se 'Asian Heritage Walk'. Ek het nie eens geweet van die plek nie, een van my vriende hier het my gisteraand soontoe gevat. 'n Hele straat vol restaurante en nagklubs in gerestoureerde geboue. Nogal soos Boat Quay in Singapoer, net sonder die rivier. So, diegene wat gereelde ESPN-kykers is, miskien sien julle rondloper een van die dae in 'n program oor KL se naglewe.

3 comments:

rondloper said...

Jong, Ek het nie reggekom in Kambodja nie. Dis die enigste plek waar ek kan bekostig om gastehuis oop te maak omdat dit so goedkoop is en ek nie te veel geld wil spandeer as alles dalk flop nie. Maar ek was ongelukkig met wat ek gekry het daar, dus is ek nou terug by die begin. Moet nou nuwe planne maak. Het nou geen dadelike plan nie, gaan maar voortgaan met vryskutwerk in SA totdat ek sekerheid het.

rondloper said...

Klink my jy hou vreeslike baie van Luang Prabang?

Anonymous said...

om heeltemal eerlik te wees, sal ek bly wees as jy 'n bietjie hier bly.