Tuesday, September 05, 2006

Uitnodiging

Alle vriende van rondloper word hartlik uitgenooi na sy 35ste verjaardagviering te Sihanoukville, Kambodja, op 9 September (komende Saterdag). Dit sal 'n beach party wees. As julle more op die vliegtuig klim, van enige plek in die wereld, na Bangkok of Kuala Lumpur, dan is Phnom Penh net 'n uur verder van Bangkok of twee uur van KL, met goedkoop Air Asia, en Sihanoukville net drie uur verder per bus met Mekong Express, lekker cheap en vinnig. Verbly in Sihanoukville is beskikbaar in die Golden Sand Hotel (driester), waar ek bly, vir net $20 (R140) per aand (kamer met plek vir twee, as jy deel is dit dus net $10 elk), en dis oomblikke van die strand af. Of jy kan in vreeslik eenvoudige strandhutte bly vir so $4 (R28) per aand, met basiese geriewe. Ek kan nie aan 'n beter en goedkoper idee dink as om die naweek deur te bring nie. Ons kry mekaar by die Corner Bar op Victory Hill, vanwaar ons sononder oor die Golf van Thailand sal geniet, en dan sal ons afskuif na een van die kuierplekkies op die strand.

5 comments:

Christine said...

Hey, ken jou mar so deur die blog (wat ek baie laaik), en sou graag wou kom. Maar gan, helaas, bietjie laat wees. Sal eers in Januarie daar aankom.
Ek en Werrie vlieg nuwejaarsdag Thailand toe, maar sal dalk ook in Kambodja 'n draai maak. Dalk is jou gastehuis al oppie been!
Lekker verjaar en als.

Lammervanger said...

Klink great. Is jy nou vir 'n wyle in Suid-Oos Asië?

Anonymous said...

Ai, ek het ongelukkig klaar 'n gholf game gereel vir Saterdag. En dit staan in die reëls van gholf dat mens nie 'n gholf date mag afstel nie. Anders was ons defnitief daar!

rondloper said...

Dankie almal! Roelie, nee ek was nog nie in Laos nie, dit is dalk beter as Kambodja, maar ek dink die geleenthede hier is nou groter. Ek het nou die dag syfers gesien, Laos kry al jare lank konstant so in die omgewing van 300 000 toeriste per jaar, Kambodja s'n het die afgelope vyf jaar letterlik elke jaar verdubbel, tot oor die 600 000 laasjaar. My syfers is baie wyd, maar dit gee die idee. Christine, ja ek hoop om Januarie al aan die gang te wees, dalk nie oop nie, maar daar sal altyd plek wees vir vriende! Lam, ek is nou net 'n maand hier, kom later weer terug.

Anonymous said...

Hey, dis jou eie skuld dat jy nie gewag het tot na jou verjaardag voor jy gevlieg het nie!
Sal opmaak as jy terug is