Wednesday, September 13, 2006

Saigon

Ek gaan more 'n draai maak in Saigon, Vietnam. My huissoektog gaan nie goed nie, ek het tog 'n plek gekry waarvan ek hou, maar die verhuurder se voorwaardes is eenvoudig waansinnig.
Asie" is darem soms vreeslik prettig, ek het my visum vir Vietnam binne enkele ure gekry, geen vorm ingevul nie, my paspoort bloot vir die bell boy by die hotel gegee.
Die ander opsie, as jy in Pretoria, SA aansoek doen, is as volg (ek het ook net R300 betaal in vergelyking met Pta se R500):
The requirements for a single entry 30 day visa
from Vietnam (Socialist Republic of)
(Last updated by Carol on 01/07/2004.)
The visa will be obtained in 7 working days.
The passport must be valid for 6 months.
Two photographs must be supplied.
The visa costs R 500.00.
A copy of the original air ticket must accompany
the application.
One application form must be submitted.
An itinerary must accompany the application.
A business letter must accompany the
application.
A letter of invitation must accompany the
application.
Ek verstaan nie waarom dit so moeilik is om visums te kry in SA nie as dit eintlik regtig maklik is op ander plekke.

3 comments:

Anonymous said...

Ek het ook al gewonder. Miskien omdat ons dit vir hulle so moeilik maak om visums vir SA te kry. Dan is hulle ambasades in SA aspris moeilik.

Natasja said...

Ag glory, dan praat ons nie eens van nuwe S.A. paspoorte as joune gesteel/geruineer is nie?! Ek vertel die hele tragiese verhaal in posts van 5 en 6 Julie op ons blog.

rondloper said...

Natasja, ek moet juis nou 'n nuwe paspoort kry, myne is vol. Ek hoor selfs 'n nuwe paspoort vat maande. In Thailand, as jy Thai is, kry jy dieselfde dag jou paspoort in Bangkok of binne sewe dae by jou huis afgelewer as jy in die provinsies bly. Dick, wat van Europa, Amerika, Australie? Hulle kan almal visumloos na SA kom, en dis die heel moeilikste plekke vir ons om visums te kry. Ek dink dis 'n conspiracy deur die SA regering wat die ambassades dwing om moeilik te wees sodat Suid-Afrikaners nie oorsee reis nie, maar hul geld in SA spandeer. Na my gesukkel om 'n oorsese bankrekening oop te maak, is ek gesterk in hierdie mening!