Tuesday, September 05, 2006

Legende

Ek blaai vanoggend so vinnig deur die SA koerante op die web en sien daar is byna geen nuus oor die dood van die legendariese Steve Irwin nie. Terwyl CNN op TV byna aanhoudend daaroor berig en dit die mees gelese artikel op CNN se webwerf is. Irwin was nogal 'n legende en ek dink bekend in omtrent elke huis ter wereld, hier in Kambodja kyk mense twee keer na die TV-skerms as sy gesig wys. Ek wonder hoekom die SA media dit grotendeels ignoreer.

1 comment:

Lammervanger said...

Hier by ons was/is dit natuurlik groot nuus en hele nuusprogramme was die aand van die ongeluk aan hom gewy. Nou nog konstant in die koerante en nuushooftrekke.