Thursday, August 31, 2006

Waarheen gaan jy

Dit was 'n hartseer twee weke, en eintlik twee maande, vir die Gouws-gesin. My tannie is sowat twee maande gelede dood, my niggie (haar kind) verlede week en my ouma vandeesweek. Daar is mos mense wat se^ sulke dinge gebeur in driee". My ouma was baie oud en het 'n lang lewe gehad, dis maar die verloop van die lewe. My niggie was so oud soos ek, en dis nogal 'n skok. Mens besef maar net weer dat jy nie tyd het om te mors op hierdie aarde nie, die lewe is kosbaar en daar is nie tyd vir nonsens nie. Ek het baie gedink na my niggie se dood, mens wonder mos maar altyd wat doen jy nou eintlik hier en waarheen gaan jy. Sal jy ooit weet as jy veronderstel is om nou tevrede te wees, of is daar maar altyd iets meer en beter wat jy soek?

2 comments:

rondloper said...

Ons mense is meer van die noorde, die Vrystaat, Excelsior se kant. Maar ek weet my pa het vir my vertel die Gouws-clan het grotendeels daar by Jansenville rond gaan bly nadat hulle dekades gelede van die skip in die Kaap afgeklim en soos al die Hugenote eers by Franschhoek gebly het. Maar toe het 'n deel van die familie na die noorde getrek, en die res het agtergebly by Jansenville. Dis nou wat ek hoor.

Anonymous said...

Ons neem oor! Ek dink ons moet daai wynplaas in Franschhoek probeer terugkry.