Tuesday, August 08, 2006

Waarheen gaan die mensdom?


Aangesien ek nie 'n TV het nie, en soms my koerante bietjie laat lees (ek het eers vandag die Sondagkoerante gelees), tref dinge my soms 'n paar dae laat. Maar hierdie massa-hondemoorde wat nou in China aangaan is net te verskriklik vir woorde. Blykbaar gryp hulle sommer jou hond van jou af as jy gaan loop met hulle. En slaan die hond dan net daar voor jou dood. Dit het verlede week in een stad gebeur (dis nou glo om hondsdolheid te bekamp), 50 000 honde is doodgemaak, en nou gebeur dit in nog 'n ander stad ook. Wat kan 'n mens se^ oor sulke dinge? Hondsdolheid maak mense dood, ja, maar daar is ander maniere om die probleem op te los, soos ent die honde in daarteen.
Hier's iets wat CNN berig, oor die eerste slagting, die volledige artikel is hier.
SHANGHAI, China (AP) - A county in southwestern China has killed as many as 50,000 dogs in a government-ordered campaign following the deaths of three local people from rabies, official media reported on Tuesday.
The five-day massacre in Yunnan province's Mouding county spared only military guard dogs and police canine units, the Shanghai Daily reported, citing local media.
Dogs being walked were taken from their owners and beaten to death on the spot, it said. Other killing teams entered villages at night creating noise to get dogs barking, then homing in on their prey.
About 360 of the county's 200,000 residents suffered dog bites this year, with three reported deaths, including a 4-year-old girl, the report said.

4 comments:

PienkZuit said...

Iemand moet darem probeer om aan my Prinses Black Velvet Ore te raak! Dan wys ek vir hulle hoekom ek 'n vuurwapenlisensie het.

Lammervanger said...

Miskien moet al die honde gelyk begin hardloop na die naaste buurprovinsie. Dan kan David Attenborough 'n program daaroor maak.

rondloper said...

Soos die wildebeeste wat so trek elke jaar in die Serengeti...

Do Kwang said...

Vreet hulle darem die honde op nadat hulle die goed doodgeslaan het?