Wednesday, August 23, 2006

Lees dit ook


Lammervanger het by my onderste post navraag gedoen oor die woord wat hy geskep het toe ek gehelp het om Wegbreek te sub. Die uitgawe is vandeesmaand op die rakke (dis die September-uitgawe en lyk soos op die prentjie hierbo), en as jy daardeur lees, sal jy onder meer afkom op 'n foto van die uwe waar ek in Nieu-Seeland op 'n gletser sit, my 'medewerkers'-foto vir die maand, en dan is daar 'n artikel waar die woord 'skoffelsnoetakkedis' verskyn - dis lammervanger doer in Australie se skepping gewees! Augustus was vir my 'n besige vryskutmaand, dinge raak nou stiller, en oor 'n week is ek op pad terug na die wonderlike Verre Ooste waar ek my hart verloor het.

5 comments:

rondloper said...

Komaan! Naspers is mos nie bang vir 'n bietjie kompetisie nie . . .

Lammervanger said...

Ek stap vandag as 'n trotse Afrikaner danksy die wete dat ek die Taal help ontwikkel...

PienkZuit said...

Mooi so, stick it to the man! (The man being Naspers). Ok, voor mense nou weer opgewonde raak, ek het nie veel teen Naspers nie, net teen groot (amper)-monopolië.

Om 'n joernalis vir 'n reis-tydskrif te wees is natuurlik my droom werk-wat-ek-sal-wil-doen-as-ek-nie-doen-
wat-ek-nou-doen-nie.

PienkZuit said...

Ek het darem rerig niks teen Naspers nie Willem, eintlik is ek 'n groot fan van baie van hulle publikasies. Maar as mens daaroor dink het hulle nogal 'n groot sê in wat ons lees, sien en hoor in Suid-Afrika. Miskien het ek bang geraak na ek gesien het wat Fox en die ander konserwatiewe media in Amerika reg gekry het, al is hulle ook ver van 'n monopolie.

rondloper said...

Ek is natuurlik ook nie teen Naspers nie, maar ek hou van kompetisie en nuwe dinge - net omdat ek lank vir Naspers gewerk het, gaan dit my nie keer om ook vir die opposisie werk te doen nie.