Friday, August 25, 2006

Sonja, Sonja!


Ek het gisteraand na hierdie show gaan kyk. En, ja, ek is nie eens skaam om dit hier te erken nie. Ek het bietjie gesukkel om iemand te kry om saam met my te gaan, mense wat hulle neuse optrek vir wat ek reken een van Suid-Afrika se beste sangers is. Daar is geen twyfel nie, in die meeste mense se koppe is Sonja Heroldt nog dieselfde vrou wat met 'n piepstemmetjie twintig jaar gelede allerhande ligsinnige liedjies gesing het (daar is 'n tyd en plek vir alles). Hiedie show van haar is net eenvoudig fantasties. Sy het die laaste jare regtig gegroei as kunstenaar (in 'n rigting wat ek van hou) en ek dink sy is wonderlik. Baie van haar ou songs is steeds fantasties, sy het dit net effens verwerk en gemoderniseer (dis op haar CD Reconstructing Alice). Sy het een deel van gisteraand se show in 'n Che Guevara-T-hemp gedoen. Wonderlik! Dis regtig 'n goeie vertoning, Sarah Theron is ook daarin, en dis baie modern en hip. Dis nie die Sonja wat die meeste mense ken nie, maar dit is wel die liedjies wat jou terugvoer na 'n ander tyd. Ek dink sy is soos Abba, tydloos.

2 comments:

maeree said...

jy sal beslis een vir ons een van haar meer onlangse liedjies moet post sodat ons kan hoor en glo dat sy nie meer met 'n piepstemmetjie sing nie.

Lammervanger said...

Al wat ek van haar kan onthou is PierieWieriePark! Sy was eendag in die Neelsie daar op Matieland om haar nuwe voorkoms te kom bemark. Lekker stywe leerbroek en alles - maar ek was laat vir klas en ons was maar net drie in die klas, so ek moes gaan en mis toe die show.