Friday, August 04, 2006

Nog weernuus


Vir mense wat dalk nog nie die foto's gesien het nie. SA is die afgelope paar dae geteister deur verwoede storms wat kuslangs 'n klomp huise vernietig het en baie oorstromings veroorsaak het, en in die binneland het dit sneeu gebring, selfs 'n bietjie in Johannesburg waar dit laas gesneeu het toe ek in graad twee was (ons is toe almal vroeg huis toe, die stad is heeltemal bedek deur 'n wit sneeukombers, dit was in September, een week voor my verjaardag!). Hierdie foto is van Sutherland, waar die sneeu baie diep is. Dis voor die munisipaliteit se gebou. Die kerksaal steek net-net agter uit, en my gastehuis was (wel, is, hy is nog daar maar nie meer myne nie) net agter die kerk.

3 comments:

Anonymous said...

my oupa kom van sutherland af en het destyds vir die Sutherland Rugby football club uitgedraf!! Dit gaan nou jare en jare terug. Ek was so n bietjie van n voyeur en het jou argiewe gelees van jou gastehuis. Dit klink nou sommer regtig baie baie idillies. Ek wens ek kan eendag my lewe so struktueer dat ek n paar maande uit die "rat" race kan klim en net in die Karoo kan gaan sit soos op Sutherland. Wil n nag daar by die Lord Milner gaan slaap ook. Tyd staan mos stil in die Karoo en mense gaan slaap as dit donker word en staan ligdag op, dit is nou as mens nie by die lekker vure sit en gesels nie.

Hoekom het jy jou gastehuis verkoop? Jy moet dit seker verskriklik mis?

Groete uit n mistige Engeland
KLAGAT

rondloper said...

Ek het verkoop, want ek wou aanskuif. Dit was ongelooflik lekker en ek het my gat af gewerk om die plek op te bou van niks tot waarskynlik die beste gastehuis op die dorp. Maar ek wou baie graag reis en die eiendomsmark op die dorp het goed opgetel. Ek het 'n stewige klientebasis opgebou en goed naam gemaak, dus kon ek verkoop vir 'n goeie prys. En my volgende droom nastreef, wat was om te reis. Toe, ses maande later, kom ek terug, maar met my nuwe plan: die gastehuis in Kambodja. Wat ek nou volgende gaan probeer. Ek is maar een wat nie te maklik settle op 'n plek nie. Was jou oupa op die dorp of 'n boer daarbuite? Was jy al ooit daar? Dis eintlik 'n baie spesiale plekkie en ek mis dit wel. Matjiesfontein en die Lord Milner was my 'wegkomplekkie' as dit sil was op Sutherland, vir 'n bier en 'n swem!

Anonymous said...

Hello rondloper--van jou blog kan ek aflei jy was in wilgenhof--ek is n buurman op teslaarsdal--o ja-dis nie so maklik om grond te onderverdeel nie--sterkte---kom kuier---