Saturday, August 19, 2006

Die donker land wink


Ek lees op die oomblik hierdie boek. Die skrywer vertel onder meer daarin hoedat die Khmer Rouge in Kambodja sommige mense vermoor het deur hul koppe met 'coconut crushers' stukkend te druk totdat dit oopbars. Dink jou dit in . . .
Ek vertrek oor twee weke weer soontoe, dus hou gerus hier dop vir al die jongste nuus oor rondloper se gastehuisplanne in Kambodja. Dan gaan ek ook 'n draai in Borneo maak om te ontspan na die intensiewe soektog na 'n gepaste huis in Kambodja.

3 comments:

rondloper said...

Goa en Indie sal altyd deel van my planne wees. As my goeters uitwerk in Kambodja, gaan ek soms via Indie vlieg tussen SA en Kambodja dat ek daar by jou, en die ander wonderlike plekke daar, kan inloer!

Anonymous said...

leen my die boek toe? Sommer sondag

rondloper said...

Ek sal graag leen, maar dis nie my boek nie! Ek is wel seker Sybrandus sal dit graag vir jou leen! So Sondag is beslis aan na julle staptog?