Monday, August 14, 2006

Altyd 'n eerste keer


Ek is besig om geleidelik my nuwe dorp bietjie meer my eie te maak. Ek bly darem nou al meer as 'n maand hier, maar vir iemand wat nooit hier (dis nou op Stellenbosch) geswot het nie (en dus in baie mense se oe" nie volledig mens is nie), en eintlik die plekkie nie baie goed ken nie, is dit nogal 'n heel nuwe (aangename) ondervinding om hier te woon. Al is dit dan bloot tydelik. Ek het die naweek vir die eerste keer in my lewe Jonkershoek toe gegaan, wat 'n prettige uitstappie was dit nie. En toe het die dag, soos seker maar tradisie is, ontaard in 'n Akker-kuier en later het ons selfs Stones gaan uitprobeer, wat verfrissend anders en merkbaar meer multikultureel is. My kuiermaat onthou heelwat minder van die aand as ek.

2 comments:

PienkZuit said...

Ek was self die naweek in Jonkershoek op 'n interessante uitstappie. Sal later vandag daaroor probeer blog.

rondloper said...

Ek het gesien op jou blog. Miskien het ons julle nog daar gesien ook, ons het net so toe die son begin sak weggery, toe kom daar 'n groot groep mense by die hek uit wat lyk of hulle almal saam was. Dalk was dit julle groep.