Friday, August 11, 2006

Sou jy?


Ek het mos al voorheen beweer die Japannese is bietjie anders as die res van die mensdom. (Maar natuurlik hou ek, om daai rede, baie van al die Japannese wat ek al ontmoet het, dis soos 'n vars briesie in 'n wereld van konformiteit.) Nou wat presies probeer hierdie advertensie se^? Wens ek het die taal gepraat, want ek sou baie graag wou weet wat nou eintlik die boodskap is. Sou jy, as jy hierdie advertensie volgende week in die Huisgenoot sien, die selfoon koop?

4 comments:

Anonymous said...

"Ek was so kwaad vir die ou, tu ka-k ek hom sommer uit oor die selfoon - my nuwe TS41!"

Lammervanger said...

Miskien het die selfoon 'n flits in, of miskien dien dit 'n ligte elektriese skok toe om atlete te help om vinniger hardloop sonder dat hulle op onwettige opkikkers hoef staat te maak. Miskien is dit hoe mens 'n selfoon kan ronddra as mens geen klere (en dus geen sakke) het nie.

Of miskien het die ou die selfoon twee dae gelede per ongeluk ingesluk en probeer die vervaardiger bewys lewer van die foon se bestandheid teen sure.

gm said...

Dis die vreemdste advertensie wat ek ooit gesien het.

"Die selfoon laat jou vinnig wegspring in die oggend en hou jou gereeld." (Alarm- en Dagboekfunksies, natuurlik).

rondloper said...

Ek hou van almal se slagspreuk-pogings, miskien moet dit 'n kompetisie word. Die wenner kry die selfoon.