Sunday, July 30, 2006

Wat is die waarheid?

Ek is een van daai water-van'n-eend-se-rug-mense. Dinge ontstel my gewoonlik nie, ek is nooit 'n fighter nie, ek (glo) ek verstaan die wereld soos hy is, so dinge pla my nie. Ek stel gesond belang, ja, maar dis dit. Maar vandag het ek my moer behoorlik gestrip vir die klomp malles wat besig is om websites te skep om vir die wereld te vertel hoe sleg Suid-Afrika is. Ek praat van die versekeringsmakelaar Neil Watson, in Kampsbaai nogal (SKATRYK uit Suid-Afrika dus), en nog 'n ander site, www.southafricaiscrap.blogspot.com. Daar was vandag 'n artikel in die Argus oor hierdie twee, en nog een of twee. Dit pla my dat mense wat eintlik erg oningelig is, besig is om die hele wereld, wat maar net so oningelig is, nonsens oor SA te vertel. Ek het op my onlangse reis regtig baie mense ontmoet wie se eerste vraag was of SA dan nie gevaarlik is nie. Interessant genoeg was hulle almal van Europa, Amerika, Kanada, Nieu-Seeland of Australie. Die Asiers self het nie gevra nie, hulle stel nie belang in ander lande se probleme nie, hulle het hul eie, veel erger soms. En ek verstout my om te dink die ander het by Suid-Afrikaners wat in hul lande woon, gehoor hoe gevaarlik dit kastig hier is.
Maar dit is my punt, die wereld is nie 'n volmaakte plek nie, daar is oral probleme, mense wat nou gaan staan en websites skep oor SA wat so die slegste in die wereld is, is bloot oningelig. Daar is nie plek vir sulke denke in hierdie dag en tyd nie. Ek weet ons het voorheen op pienkzuit 'n gesprek hieroor gehad en dit het soms warm geraak. Ek is die eerste een om te erken dat geweldsmisdaad in SA dalk die ergste in die wereld is, wat ons van weet. Ons weet nie wat gebeur in Brasilie, Argentinie, Indie, China - lande op dieselfde vlak van ontwikkeling as ons, met veel meer mense as ons, maar geen stats nie - maar, ja, misdaad is sleg hier. Dis ook sleg op ander plekke. Ons kan nie probeer maak of ons Kanada of Nieu-Seeland is nie. So leef in die werklikheid, dis eintlik al wat ek vra. En probeer op jou klein manier om dinge beter te maak.
In elk geval, die klomp neo-Nazi het my so vies gemaak (nadat ek die Argus-storie gelees en toe soos 'n dwaas na die websites gaan kyk het) dat ek 'n ietwat kwaai brief geskryf het vir albei sites. Ek sal nogal wil sien of hulle dit publiseer. Ek dink ons as Bloggers kan probeer om die southafricaiscrap-site toe te maak deur Blogger se admin-mense te bombardeer met briewe oor die rassistiese aard van die site. Gaan kyk maar, dis eintlik 'n plek vir white supremacists. Ek glo in elke moontlike vorm van vryheid van spraak, maar nie haatspraak nie.
O, nog iets, Neil Watson van crimexpouthafrica het allerhande SMS-peilings op sy site teen R3 per SMS. Ek wonder of hy die geld gebruik om misdaad te bestry.
Hier is die brief wat ek geskryf het (met skuilnaam, ek wil nie my naam op daai site sien nie)
Sir,
I dare you to publish this letter on you website, as I find it very interesting that the only options for comments or votes you leave on your website are for people to agree with you. Vote for Neil to expose crime, vote for Neil to prepare a class action etc. Register as an ordinary South African to expose the truth (your truth?) etc. Were you well trained by the previous white government in SA? Sounds like it.
Maybe some day you guys (and girls) will wake up to the real world. There is no room in this world for utopian visions of safe, white societies (except maybe in some Nazi colony in the Chilean mountains, they exist, check them out, you might like them). There is no safe place anywhere, the world is full of fallible people, everyone has problems. I am a white South African, quite happy here, the opportunities are endless.
There are places with worse crime (there are more house break ins in Canada than here, check it out on the UN website), and most places we should compare ourselves to don't have stats. Face it, this is not Australia or Switzerland, in what world do you live?
You need to wake up and face the facts that you are not happy here, so leave then. Go to some so called safe place like New Zealand and start writing about the crime there if you have nothing better to do, trust me it exists, in same cases worse than here.
Maybe the moon is an option for you.
May you find peace somewhere,
Jacques
PS What do you do with the proceeds of all those expensive vote SMS's that people send you?

8 comments:

Do Kwang said...

Ek stem vir Neil. As die "klein manier" waarop jy dinge probeer beter maak is om jou kop in die sand te druk, is ek bevrees dit gaan nie werk nie.

Christine said...

Die SA Times in Londen het ook hieroor berig en in 'n editorial genoem hoeveel skade dit kan aanrig, ens. Maar hulle is absoluut oorval met briewe van SAners wat seg hoog tyd! En Go Neil! en so.
Die nuutste wat ons gehoor het, is dat iemand vir Watson 'n one-way ticket uit SA na 'n bestemming van sy keuse aangebied het. Hy sal dit glo aanvaar as die aanbod ook kaartjies vir sy vrou en kinders insluit.

rondloper said...

Ek sien vandag toe ek na sy website gaan om te kyk of hy my kommentaar gepubliseer het, dat ek dadelik na 'n 'opposisie'-site gelei word, deur positiewe Suid-Afrikaners, wat op 'n realistiese manier die hele prentjie wys en nie net die misdaad nie. Die oorlog van die webwerwe. Ek wonder of Neil se site gesaboteer is deur die positiewes. Dit sou vir my 'n geval van geregverdigde terrorisme wees.

Anonymous said...

Sorry rondloper

Soos Do kwang hierbo stem ek al die pad vir Niel. Om in die werklikheid te leef soos jy se^ beteken om jou kop in die sand te druk en te aanvaar dat sulke onmenslike dade van geweld gebeur en dit is volgens jou redenasie deel van die aanvaarbare persentasie statistieke.

Jammer maar as Niel se pad die pad is om iets gedoen te kry om misdaad te verminder dan SKREE EK "GO NIEL GO!!" Hopelik bring hy n bietjie vertroosting in die lewens van alle slagoffers wat verwoes, ja verwoes, is deur gruweldade van misdaad.

Om veilig in n land te woon is n ononderhandelbare basiese mense reg soos die lug wat jy inasem. Dit is die PLIG van die regering om veiligheid te verseker sonder verskonings vir ALLE burgers van die land.

ons is gatvol vir misdaad, ja gatvol verby

Lammervanger said...

Ek stem saam dat die website heeltemaal oorboord gaan en dat dit 'n ongebalanseerde standpunt lewer. Die probleem is dat mense in SA geen manier het om hulle gatvolgeid en frustrasies uit te kry nie, dis hoekom hulle daai site ry soos 'n werfesel.

Ek het iewers gelees dat elke toeris ag nuwe werksgeleenthede skep (amper sĂȘ ek genereer).

rondloper said...

Ek dink dit is 'n geval van die man gaan oorboord. Lammervanger, jy is reg, elke toeris skep 'n klomp nuwe werkgeleenthede. Wat gaan die man bereik as hy toeriste wegjaag, beslis nie misdaad oplos nie. Inderwaarheid dit net vererger, want meer mense gaan nie werk kry nie. Ek staan by my punt, mens kan iets doen sonder om die land oneindige skade aan te doen. Sy houding lyk vir my soos: 'Dinge gaan anyway sleg, kom ons maak dit nog slegter en bewys onsself dus reg'. Skiet jouself in die voet dus. En ek dink sy motiewe is nie edel nie, hoeveel geld het hy nie al uit daai site gemaak met al die SMS'e nie. Nee wat, daar's nie in my siening plek vir sulke mense nie.

Anonymous said...

Ek dink lammervanger is reg. Daar is nie vir mense manier om uiting te gee oor hul frustrasie met die situasie nie. Rondloper geen normaal denkende mens sal wil skade aandoen aan ons mooi land nie, maar ek dink die misdaad situasie is so erg dat mense dit daarom regverdig. "drastic times calls for drastic measures" Miskien moet ons eerder vra maar hoe het ons in die situasie gekom dat mense so drasties optree. Ek dink die blaam le^ by die owerhede en moet opstaan en verantwoordelikheid aanvaar en dan daadwerklik iets doen.

Ook is misdaad totaal onaanvaarbaar en moet burger hul reg beklemtoon op n reg tot n bestaan met "zero" misdaad en geen "compromise" nie.

Hoe kan ek vir iemand aanbeveel om Suid-Afrika te besoek as daar die moontlikheid bestaan dat hy geraak gaan word deur gruwelmisdade?

Persoonlik het ek die laaste 4 jaar baie, baie mense verwys na toerisme bestemmings in die Kaap. Net so baie het gegaan. Maar ek verwyt my nog oor daardie egpaar wat aan misdaad blootgetel was. Dit het n permanente letsel gelos in hul lewe en ek voel verantwoordelik.

So ek verwys nie meer mense na SA nie.

Jammer maar waar

Anonymous said...

Dit maak 'n mens bekommerd as SAners beswaar maak as hulle mede SAners hulle menings lug oor misdaad in hierdie land. Hoekom moet dit weggesteek word? In hierdie land met sy klomp misdadigers, is daar NIKS meer wat ons aan misdaad kan doen as om onsself toe te sluit en sodoende te beskerm, en daaroor te kla nie.
O ja, en ek skryf hierdie brief annoniem omdat ek nie my naam op hierdie blad wil sien nie.