Friday, July 14, 2006

Jy mag nie jou TV verkoop nie

Ek is jammer ek was so stil. Sedert ek terug is in SA was ek net te besig vir woorde - met persoonlike administratiewe rompslomp of met werk, ek is in die gelukkige posisie dat ek sommer 'n klomp vryskutwerk gekry het omtrent die oomblik toe ek van die vliegtuig afgeklim het.
Maar nou gaan ek kla oor die geheel en al onbeholpe SAUK. Voordat ek weg is (Januarie), het ek my TV verkoop en die SAUK gebel om my lisensie te kanselleer. Anders land jy sommer op 'n swartlys. Om 'n TV-lisiensie in SA te kanselleer moet jy na die polisie gaan, waar jy 'n beedigde verklaring moet afle^ dat jy nie meer die trotse eienaar van 'n TV is nie, en jy moet ook die naam van die koper van jou TV gee, sodat die SABC hom kan gaan opskroef.
Dan moet jy die verklaring faks na die SABC, en jou lisensie is gekanselleer. In 'n droomwereld ja.
So kom ek na ses maande terug in die land, nadat ek al bogenoemde gedoen het, net om twee dreigbriewe in die posbus te kry: betaal NOU jou SABC-lisensie of ons sit ons prokureurs op jou en jy beland op 'n swartlys. Stomend van woede bel ek toe hulle 'hulplyn', twee keer, twee keer hou ek byna tien minute aan, geen antwoord. Skryf toe maar e-pos (in sterk taal), waarop ek ook geen antwoord kry nie. Want my gevoel is, ek het die lisensie gekanselleer, ek het die bewys dat ek die faks gestuur het, iewers het iemand nie hulle werk gedoen nie en dit was nie ek nie.
Bel toe 'n derde keer, kry wonder bo wonder antwoord, nee meneer, dis geen probleem nie, ons het jou kansellasiebrief gister (dis nou 30 Junie, ses maande nadat ek dit gefaks het!) ontvang. Moenie worrie nie.
Nie 'n week later nie word ek gebel deur die SABC se prokureurs en gedreig om NOU te betaal. Toe is ek darem kwaad. Baklei eers met die vrou, maar sy bied toe vreemd genoeg aan om te help, want sy kan ook insien die SABC is verkeerd. Ek faks toe maar vir haar die bewys van my kansellasie, en sedertdien is almal stil. Hopelik nou uitgesorteer. Maar ek dink dis 'n groot skande, die SAUK skroom nie om jou te laat sleg voel as jy nie jou TV-lisensie betaal nie, maar as jy dit heel legitiem kanselleer, soek hulle blykbaar in elk geval steeds jou geld. Dis 'n skande.

7 comments:

renklem said...

Ai tog, nou moet jy weer aan Afrika tyd gewoond raak. Dit is tog so jammer dat so baie dinge in ons mooie land nou deesdae teen so 'n tempo gebeur. Hoop maar dit is nou finaal gekanselleer.

Anonymous said...

Ek gaan jou wragtig aankla, jy het n ervaring uit my lewe gesteel!!

Dit klink nes en ek meen nes my ondervinding, al verskil is ek het toe hardegat gewees en die doners met n prokureer aangevat, ja OK my skoonpa is n prokureer en die wou nie he sy kleinkinders se pa moet gelys word op n "black list" nie. Elk geval dit vul n mens met woede wat verby rassionele denke gaan.

Maar hier in Engeland gaan dit maar net so. Onlangs in n nuwe plek ingetrek en waaragtig waar saam met al die ou tannies se welkom briefies is daar toe n brief van die BBC. Nou verskoon wat volg by voorbaat,.....maar hoekom de f.. moet ek gedreig word met n elle lange brief van hoe hulle my toekoms gaan kortknip as ek nie DADELIK n nuwe lisensie kry nie. Dit ten spyt dat ek n geldige lisensie vir 3 weke toe al het!!

So ek dink nie dit is n "proudly South African" ding nie, ek dink uitsaai korporasies is maar wereldwyd so en ek dink hulle almal sweer saam met Readers Digest om jou adres te kry,...want kyk daardie spilletjie kan n sneeu miggie in Antarktika opspoor en promosiewerk aanstuur.

Dagse en hoogagtend en mooi wense
Die uwe
KLAGAT

Anonymous said...

Dagweer

Ek verstaan nou nie so mooi nie. Op die Pink zuit se debat oor misdaad Donderdag/Vrydag skryf jy van hoe jul in die verlede die land sleg gepraat het daar by die GROOT KOERANT ensomeer(eerste paragraaf van jou kommentaar)!

Ek voel toe so sleg oor my REALISTIESE bydrae tot die debat dat ek amper my polse die naweek sny? Sies hoe kon ek so skryf oor die misdaad en die land sleg maak?

MAAR nou,...

Hoe stryk hierdie negatiewe onderonsie met die SAUK van jou dan nou met jou rooskleurige uitkyk van RSA? Ek kan 200% identifiseer met hierdie skrywe, so dit laat my dink dat jy dan ook maar n ou lekker KLAGAT is nes ek!!

Die onderonsie was seer sekerlik nie vir die doel van karakterbou nie!!

Innige verskoning dat ek die bg aangeraak het, kon myself nie bedwing nie!!

Groetnis, sterkte en diesmeer
die uwe
KLAGAT

arcadia said...

nooit geweet dis so komplekse storie as jy van 'n tv-stel ontslae raak nie...goeie rede om myne maar te hou.

rondloper said...

Klagat, dankie vir jou bydrae. Daar is darem 'n verskil tussen kla oor die hele land as sulks en kla oor die SAUK . . . Ek dink jy is reg oor die ding dat TV-korporasies jou oral wil opskroef - daar is wel lande waar daar nie TV-lisensies is nie soos Nieu-Seeland. Dit klink vir my na droomwereld. Maar vir nou is ek tevrede met die internet en podcasts, kom baie goed reg sonder 'n TV.

Anonymous said...

Nee dit is waar, jy het gelyk, ek dog ek krap maar net jou gat hier op n sonnige dag in Engeland waar ek vir die son wegkruip voor my rekenaar uit vrees vir sonsteek!

KLAGAT

Anonymous said...

Het hulle dan nie TVs in Nieu-Seeland nie??

KLAGAT