Monday, July 24, 2006

Slagter van Kambodja

Aangesien ek in September teruggaan na Kambodja met die plan om 'n huis te soek wat ek kan huur en gebruik as gastehuis, volg ek nou die nuus van daardie deel van die wereld met meer aandag as gewoonlik. Interessant is dat omtrent drie dekades nadat die Khmer Rouge uitgeskop is, nadat hulle miljoene mense doodgemaak het, is niemand nog in 'n hof verhoor vir die slagting nie. Een van die groot slagters is pas dood, en ek lees op die BBC daar is steeds mense wat hom as 'n held beskou. Die hofsake teen die oorblywende Khmer Rouge-leiers begin dalk volgende jaar (dan sal ek van daar kan berig!) Maar ek kan byna nie glo dat mense, na soveel lyding, steeds iemand wat sonder om te skroom mense afgemaai het, 'n heldebegrafnis kan gee nie. Ek sien hulle gaan ook 'n monument vir hom oprig. As jy baie arm is en die Khmer Rouge het jou toe gehelp, vergeet jy seker van die swaarkry in vergelyking met nou se swaarkry.
Die BBC skryf:
Hundreds of Cambodians have paid their respects to Ta Mok, a former Khmer Rouge leader nicknamed "The Butcher".
In a traditional Buddhist funeral ceremony, incense was burned and prayers recited over Ta Mok's body, which was daubed with white powder.
The ceremony took place in Ta Mok's former stronghold of Anlong Veng, in the north of Cambodia.
Ta Mok, who died on Friday, was the regime's military commander and linked to many atrocities of the 1970s.
About 1.7 million people died under the Khmer Rouge, through a combination of starvation, disease and execution.
Ta Mok was the only Khmer Rouge leader who refused to bargain with authorities following the collapse of the regime, and he was arrested in 1999 near the Thai border.
Hier is 'n storie van die BBC oor wat hy gedoen het en wie hy was.

3 comments:

lolla said...

Ek het hierdie week op 'n National Geographic afgekom van 1982 waarin daar 'n hele artikel oor Kambodja en Angkor is. Dit het heel anders gelyk en 'n bleek toekoms van die land is in die artikel geskets.

rondloper said...

Ek sal vreeslik graag daai uitgawe wil sien!

rondloper said...

Roelie, ja, ek vlieg op die 28ste van hierdie maand weer soontoe, dan gaan ek rustig 'n paar weke lank daar rondhang en 'n huis soek - daar is baie plekke beskikbaar vir min geld, Alles hang af van wat ek kry en wanneer - dit sal bepaal wanneer ek dan vir langer gaan. My ideaal is om nou iets te soek vir begin volgende jaar, dan wil ek dalk so Januarie/Februarie se kant 'n plekkie daar oopmaak, net iets kleins, 'n paar kamers en 'n lekker chillout lounge-kroegie. Alles planne, ons kyk wat gebeur. Hou maar hier dop, ek sal natuurlik oor alles skryf soos dit gebeur.