Saturday, July 22, 2006

Sneeu op die berge


Daar is vandag so 'n dun lagie sneeu op die Bolandse berge hier net buite Stellenbosch. Dis regtig koud. Hier waai so 'n snerpende wind wat klink asof dit die dak gaan afwaai. As ek mooi foto's kry sal ek dit wys, maar hier is 'n kouefoto van my uit Nieu-Seeland, op 'n gletser. Soos julle kan sien, al sit ek op 'n soliede stuk ys, dra ek 'n kortbroek want ek ek kry nie so koud soos ek vandag in Stellenbosch kry nie. Verstaan dit nie eintlik nie.

2 comments:

dai said...

beteken dit ek hoef nie al die pad Ceres toe te ry om die sneeu te gaan sien nie?

rondloper said...

Jong, teen hierdie tyd het die sneeu nou al gesmelt, maar ek sou dink as jy weet waar om te gaan, kan jy dit sommer hier doen.