Monday, January 29, 2007

En nou?

Contrary to common perceptions, there has been a steady and consistent decrease in most major crimes, particularly murder, over the past decade, a new study by the Institute of Security Studies (ISS) shows.
The analysis of the crime statistics released last year showed that the national murder rate decreased from 67 murders per 100 000 people in 1994 to 39.5 per 100 000 in 2006, according to Antoinette Louw of the Institute for Security Studies (ISS).
Writing in the latest edition of the ISS's Crime Quarterly, Louw said this was a positive trend because murder statistics were the most accurate on record and also provided a useful indicator of the extent of violence in the country.
Die volledige berig is by http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20070129031420890C607544
(Ongelukkig kan ek nie op die Safari-browser hier by die werk 'n link insit op Blogger nie.)
Die inligting kom van die gesaghebbende Instituut vit Sekerheidstudies. So wat maak 'n mens daarvan? Hoekom is die land en die media so negatief?
Dan het ek nog 'n vragie, Deon Maas skryf die naweek in Die Burger dat hy nie kan verstaan waarom daar soveel negatiwiteit onder die wit-beheerde (sy woorde) media is oor 2010 en die sokker nie. En hoekom wit belastingbetalers (Groenpunt) alles in hul vermoe doen om die stadion te kelder. Dit nadat die hele land, mense wat nie gewoonlik rugby kyk nie, in 1995 verenig het rondom die rugby-wereldbeker. Wat het intussen verkeerd gegaan? Goeie vraag, dink ek.

3 comments:

Lammervanger said...

Die gatvolheidsvlakke is nou baie hoër as wat dit in 1995 was. Destyds was almal nog meegevoer deur die euforia van die nuwe SA, maar nou het dit oorgewaai en mense is keelvol.

Do Kwang said...

Suid-Afrika is besig om in duie te stort. Ek gee die land tien jaar max. Self beoog ek om binne die volgende drie jaar hier weg te kom.

Anonymous said...

As jy daai selfde verslag verder lees, sal jy wel sien dat verkragting, ernstige aanranding en gewapende roof gestyg het. En verkragting onrusbarend baie.
Dis nie mense soos ek en jy wat die meeste ly onder misdaad nie, dis arm mense wat nie hulleself kan beskerm nie.
Vroue in die township en op die platteland is die meeste at risk, hoofsaaklik weens die armoede van die misdadiger en slagoffer, toegegee.
Maar dit beteken nie ons moet happy wees en sê gelukkig is minder mense vermoor so als is lekker nie. Gaan vra vir 'n paar mense in shacks wat hulle van misdaad dink as jy die regte antwoord wil hê.