Friday, December 30, 2005

Voorsmakie (2)


Wanneer dit reen in Maleisie - elke dag - is daar altyd 'n oplossing as jy dalk met 'n motorfiets ry om jou teen die nattigheid te beskerm. Dis baie doeltreffend dink ek, want almal doen dit. Pangkoreiland.


Nog 'n sambreelfoto, maar dis 'n slaapsambreel op 'n olifant. In Thailand - Ayutthaya, een van die ou koninklike hoofsetels en vol vervalle Boeddhistiese tempels wat honderde jare oud is.


Hierdie kruispad is op Singapoer se grootste shopping-straat, Orchard Road. Ek weet nie hoe spreek hulle dit uit nie. Hulle praat vier amptelike tale - Chinees, Hindi, Maleis en Engels - maar nie Afrikaans nie.


Wanneer jy baie ver van jou land is, maak dit jou hart sommer warm as jy afkom op iets wat klink soos jou eie taal - al is dit dan nou op 'n grafsteen. Hollandse inskripsie in Melaka (of beter bekend as Malakka, maar die koloniale spelling het in die slag gebly), eens was Melaka Hollands.


Hierdie kinders speel alte lekker in die Singapoerrivier. Maar as jy mooi kyk, sal jy sien dis nie regtig kinders nie.

No comments: