Thursday, December 22, 2005

Uit met die oue


Hier staan ek en Francois, nuwe eienaar van my gastehuis, by Oubergpas, een van Sutherland se vele onontdekte attraksies. Daar is uitsigte so ver soos die Sederberge oor die Onder-Karoo, en absolute vrede.


Die Sutherland Inn - my baba in die Karoo wat een van die dae nou nie meer myne is nie.

Helaas, die Sutherland Inn, my groot projek van die afgelope anderhalfjaar, is een van die dae nie meer myne nie. Die titel van my blog is nie om dowe neute nie, ek sal seker eendag rustig raak, maar nog nie nou nie. Ek het gedoen wat ek wou, 'n redelike obskure plek as die begin van my lewe weg van die korporatiewe wereld gekies, gesien hoe Sutherland net groei en groei, en toe (na baie sweet, ek het hierdie huis heeltemal self reggemaak, van bo tot onder, vloere geskuur, geverf, geleer om selfs plumbing te doen), besluit om te verkoop. Die nuwe eienaar (op die foto hierbo saam met my by Oubergpas, een van Sutherland se attraksies) is vol ywer en ek glo hy sal my babatjie oppas en selfs nog beter maak. Hy het reeds oorgeneem en die huis sal seker binne die volgende twee weke oorgaan op sy familie se naam. Maar ek sal enige dag as iemand Sutherland toe wil gaan, aanbeveel dat julle steeds in die Sutherland Inn gaan bly (al is ek nie meer daar nie!). Hier is die webadres vir besprekings en navrae. Dis steeds soos ek dit gemaak het, en ek moet byvoeg dat die nuwe eienaar van die hotel nou die dag vir my gese het hy dink Sutherland Inn is ongetwyfeld die mooiste en beste blyplek op die dorp (dus 'n objektiewe mening!).

No comments: