Saturday, December 24, 2005

Gesiggie


Hierdie foto het ek al 'n hele paar maande gelede op my selfoon geneem - ek het een aand in my huis op Sutherland gestaan en rook (sigarette), toe ek nog baie gerook het, en sommer so na die muur gestaar toe hierdie gesig hom voor my opdoen. Het dit vandag vir my broer-hulle gewys en die belangstelling was so groot dat ek dit nou hier ook deel. Dis in die klip teen die muur, nie uitgekap of iets nie, dis net daar.

1 comment:

Anonymous said...

Gits. Die gesig. Gits.
En al die ander goete. Gerda Grobbelaar het jou blog-adres vir my gegee.
Ek sit nou ná werk, rustig tuis, sigarette en so, en kyk jou blog Hoop jy is baie wel
Ek skoon jaloers. Goeie plan só 'n wegloop-storie. Geniet dit. Vanaand by die werk Bogotá se strepie opgesit -- ge-onthou ek het by jou geleer. Nou sien jy!
vele groete. helena