Tuesday, December 27, 2005

In met die nuwe


Die uitsig van bo-op die koppie op my grond by Teslaarsdal, waar ek beplan om my houthuis te bou. Dis my broer Wynand en sy vrou, Beatrix.


So lyk Teslaarsdal en op regterkant, die grys-bossiegedeelte, is my grond.

Wanneer ek terugkom van my reis na Nieu-Seeland en die Ooste (dalk ook Europa), kan ek uitsien na my nuwe toerismeprojek en boerdery op my stukkie grond by Teslaarsdal. Ek het by iemand op Sutherland gehoor van die plek en sommer dadelik gaan kyk. Dit is 'n klein dorpie 30 km van Caledon en 40 km van Hermanus, in 'n pragtige vallei, geheel en al onontdek (tot dusver - daar is elke keer as ek op my grond gaan staan en uitskreeu 'Dis alles myne!' meer nuwe huise wat gebou word. Maar dis net logies dat die plek baie gewild sal raak, dis ideaal gelee, spog met wonderlike natuurskoon, en is op die oomblik baie, baie billik. Buurdorpe is letterlik plekke soos Napier en Stanford, wat al lankal onbekostigbaar duur is, en die Hemel-en-Aarde-pad na Hermanus is net om die draai van Teslaarsdal).
Daar wil ek wanneer ek terugkom van die buiteland 'n bacpackers-lodge gaan opsit, 'n houthuis met chalets en lekker Oosterse dekor, en landerye met goeters soos mushrooms en soetrissies wat ek op die mark sal gaan verkoop. Ek het al begin soek na moontlike planne van huise, daar is nogal nice houthuise besikbaar, maar geld is natuurlik 'n groot beslissende faktor. Sal finaal besluit wanneer ek terug is. Die grond is 3,6 ha groot, maar ek gaan dit onderverdeel en 'n deel aan my broer verkoop, en 'n deel hou om eendag te verkoop en baie geld te maak wanneer die Hermanus- en Stanford-crowd die plek ontdek het.
Die grond is nog heeltemal onbebou, daar is net bossies, kwarts-klippies en baie ysterklippe, en blommetjies in die lente. Van bo op die koppie het ek uitsigte oor die dorpie en die omgewing. My grond is net buite die dorp. (As enigeen daar wil gaan bele, nou is die tyd. Luister nou maar na die skrywer van Die Burger se Kry vir my 'n huis!)

1 comment:

Anonymous said...

Hey Andre, het nou-net 'n blog oor Teslaarsdal begin by http://teslaarsdalza.blogspot.com/. Ontdek toe jou 'post' ;-) Laat my weet as jy op iets afkom in Teslaarsdal wat nuuswaardig is. Alles van die beste.