Thursday, November 30, 2006

Pluimpie

Ek kan nie anders nie, ek moet 'n pluimpie hier gee vir die SA Poskantoor (wat my al soveel hoofbrekens in die verlede gegee het). Ek pos gister, om 13:30, 'n 'Fastmail'-brief met belangrike dokumente (vir die oordrag van my huis in die Karoo) na Hopetown (so 200km suid van Kimberley). Die brief is in Roggebaai, Kaapstad, gepos. Vandag om 12:21 ontvang ek e-pos van die prokureur op Hopetown dat hy my dokumente gekry het. Minder as 24 uur later! Ek is verstom. Die poskantoor het of die brief gistermiddag opgevlieg Kimberley toe en toe per pad na Hopetown gevat, of gister baie kort nadat ek die brief gepos het, dit op 'n trokkie na die Noord-Kaap gelaai. Wys jou net, dit kan gedoen word.

2 comments:

Lammervanger said...

Dit is werklik indrukwekkend...

Anonymous said...

Ek het eenkeer R45 ekstra per pakkie betaal vir twee pakkies om binne 24 uur Klerksdorp toe te gaan van Kaapstad af. Toe vat dit 'n Week. So ek kon my R90 gespaar het en meer swiets vir die pakkies gekoop het.
Ook R33 betaal vir 'n brief wat oornag moes gaan, en toe wel 2 dae geneem het.
Ten minste is die mense wat by die Poskantoor werk vriendelik.