Tuesday, December 05, 2006

Back in the USSR


Hierdie kom van 'n interessante foto-feature op BBC se webwerf oor propagandakuns in Vietnam. Hier is een van my eie foto's wat ek in Saigon gneem het. Dis vir my 'n baie interessante kunsvorm, en wonderlik dat die grote Amerika uitgeslaan is! Die posters laat my dink aan die ou dae van die koue oorlog en die Sowjet-Unie en spioene wat oorloop en die Berlynese muur en sulke dinge. (Ek raak skoon nostalgies toe ek gisteraand op TCM 'n ou fliek van Chalton Heston kyk, Skyjacked, waarin 'n vliegtuig gekaap word en na Moskou toe moet vlieg. Alte lekker. Ek wou as kind altyd baie graag die USSR gesien het, nou bestaan dit nie meer nie. Al wat oorbly is Noord-Korea, en seker op 'n ander vlak Vietnam en Laos en China, hoewel hul ekonomiee allesbehalwe kommunisties is).
Ek het as kind op kortgolfradio na radiostasies soos Radio Moskou en Radio East Berlin, the Voice of the DDR, geluister en soms het hulle selfs vir my poskaarte gestuur. Nogal altyd in die styl van die foto's soos die een hierbo.

4 comments:

Anonymous said...

Hei Andre, is jy Rufus Gouws se seun?

Ek dink ek het Afrikaans (my taal) onder sy leidingskap geneem 'n paar jaar terug.

rondloper said...

Roelie, ek wil nogal eendag soontoe gaan.
Anonymous, nee, ek is nie Rufus Gouws se seun nie. My pa was koerantman, soos ekself!

Anonymous said...

wie is rufus gouws

rondloper said...

Rufus Gouws is een van die redakteurs van die HAT!