Thursday, November 02, 2006

Halfwegstop


Ek gaan binne die volgende twee dae besluit of ek wel hier, Strydenburg in die Karoo, 780 km van Kaapstad en omtrent dieselfde afstand van Johannesburg, minder as twee uur van Kimberley, 'n vakansiehuis wil koop. Die dorp is bekend vir die groot pan (regs op die foto as jy mooi kyk, maar dis nou droog) wat nadat dit gereen het 'n see van pienk flaminke word.


Straattoneel. Karoo-huisies en grondpaaie. Die Karoo is besig om groot te raak, maar hier is dit nog baie goedkoop.


Daar is heelparty huise op die mark. Hierdie is een van die twee waaruit ek wil kies. Spotgoedkoop. Kort aandag.


Hierdie is die tweede opsie. Dubbel die prys van die vorige een, groter, baie netjies, maar ongelukkig binne 'gemoderniseer'. Al die karakter, soos die houtvloere en mooi, ou deure is uitgehaal en vervang met nuwerwetse dinge. Maar wel baie netjies.

2 comments:

Anonymous said...

hallo daar

Het jy nog nooit oorweeg om n reeks gastehuise deur die Karoo oop te maak nie? Amper soos n franchise tipe idee maar verspreid deur die Karoo. Fokus op daardie outentieke Karoo atmosfeer en so aan. Mense kan bv n pakket koop vir bly op een plek n paar nagte en dan weer aanbeweeg na n ander plek vir n paar nagte. Baie "scope" wat mens met so iets kan doen

Ek laaik die idee kwaai

groete
Klagat

rondloper said...

Dankie vir jou voorstel, dis nogal 'n interessante idee. Ek het toe wel 'n aanbod op die pienk huis gedoen en wag nou vir hul antwoord, dan sal die tyd leer wat vorentoe . . .