Friday, November 17, 2006

Dis my land (3)

Hierdie reeks gaan nog 'n rukkie aanhou, want nou dek ek eers die Kruger-wildtuin en dit was aan die begin van my blitsreis deur die land om my Maleisiese vriend in te lyf in die wondere van Afrika. Die Kaap kom nog. Pienk Zuit was ook onlangs in 'n nasionale park, Addo, en ons is albei van mening dat SA se nasionale parke tops is. Die geriewe is wonderlik, die pryse is goed en wat jy daar beleef, kan jy op min ander plekke beleef. Ek was diep beindruk met Kruger, ek was meer as ses jaar gelede daar en dis net so wonderlik soos altyd. Daai grootsheid en die wildheid is darem net spesiaal. En my Oosterse vriend het ook so gedink.


Jeff iewers langs die pad tussen Orpen en Satara. Hier mag jy uit die kar klim, ek onthou baie goed 'n paar jaar gelede toe 'n Taiwannese toeris opgevreet is toe hy voor 'n leeumannetjie gepose het vir 'n foto . . .


Kuiergaste by die tent, elke oggend en elke aand.


Hierdie wonderlike tent is baie billik geprys en heerlik! Binne het ek gevoel of ek eintlik in 'n luukse safarioord is en nie in 'n nasionale park nie.


Maar selfs in die Kruger wink die nagliggies soms . . .


Hoe dan nou anders as die amperse volmaan ons geselskap hou.


Nou wat staan nou weer op hierdie bottel geskryf . . .

4 comments:

Do Kwang said...

Hei, waar is die post wat hier op was waarin jy geskryf het oor die haarprobleem op jou boude?

rondloper said...

Nee jong, dit was iemand anders se post wat op een of ander manier op my blog beland het. Ek het nie daai probleem nie.

Lammervanger said...

Geniet jou vriend darem al hierdie dinge wat jy aan die opdis is?

rondloper said...

O, ja! Of dan, hy het. Hy's klaar terug en ek is nou vir eers weer klaar rondgeloop. Tot Januarie.