Wednesday, May 16, 2007

Nog 'n bietjie Korea


Hier's nog 'n paar prentjies van Seoel. Hongkong volg later. En more glip ek dalk gou oor die grens na China, dan sal daai prentjies ook later volg. Ek was gelukkig genoeg om by (een van die vier) koninklike paleise in Seoel aan te kom terwyl die Changing of te Guards aan die gang was. Baie mooi.


En in Korea is die lewe nog sorgvry as jy 'n klein kind is. As jy hoe"rskool toe gaan, raak dinge baie moeilik. Universiteit is net pret, jy sal in elk geval slaag. Maar dan begin die werklewe en raak dinge weer sleg.


Tog is daar tyd vir 'n stil oomblik langs die koninklike somerpawiljoen waar jy die stilte, bome, en vrede kan geniet.


En wanneer jy oud raak, spandeer jy jou middag in die volkspark, waar jy speletjies saam met jou tydgenote kan speel, kan nadink oor die Koreaanse oorlog, en kan probeer om jou pensioen aan te vul deur ditjies en datjies te verkoop.


In Korea, anders as in Suid-Afrika, is daar steeds baie voorbeelde van die Hyundai Sonata 1998-model op straat te sien. Anders as wat sommige van my vriende meen, is dit dus tog 'n motor wat lank hou. In Suid-Afrika het ek al twee gesien, hierdie is een, wat my tot in die Karoo en terug gebring het. Hou my blog dop vir nuwe foto's van hierdie huis in Strydenburg, wat intussen heeltemal gerestoureer is. Ek gaan Vrydagaand soontoe as ek terug is in SA en sal dan hier wys hoe lyk die nuwe plek.

No comments: