Saturday, May 12, 2007

Die suidooste


Dit het vreeslik baie gereen in Phnom Penh.


Vreeslik baie.


Die verkeer was selfs meer chaoties as wat ek van my vorige besoeke kan onthou. Saigon was vir my voorheen die plek met die mees chaotiese verkeer denkbaar, selfs erger as Indie, die dermiljoene motorfietse, riksjas, fietse, karre, donkies, beeste, enigiets beweeg letterlik in alle rigtings, daar is baie min robotte en niemand stop in elk geval nie. Kambodja lyk of hy daarop afstuur. Seker logies, want hulle was lank 'n Vietnamese 'kolonie' en dis die mense wat hulle probeer navolg. Agter is die sentrale mark wat deur die Franse gebou is.


Ek het die eerste keer Bankok se veelbesproke nuwe Suvarnabhumi-lughawe gesien. Was net daar vir 'n paar uur in afwagting op my aansluitingsvlug na Hongkong. Dis 'n betonpaleis/betonmonster (kies self een).


Baie kil en bar, meen ek.

No comments: