Saturday, May 12, 2007

Neon

Ek vra innig, in die Koreaanse styl, my familie, vriende, my land en sy mense, die res van die wereld en alle ander bloggers om verskoning dat ek so 'n swak blogger was die afgelope tyd en daardeur die res van die blog-gemeenskap skade aangedoen het. Maar hier gaat ons weer! Ek is nou al twee weke in Asie en het nog niks geblog nie, skande. In die algemeen is hierdie reis bloot 'n kuier-reis, ek het vir my vriende op verskillende plekke kom hallo se^. Ek het net een nuwe land besoek (Korea) en een nuwe plek (Langkawi in Maleisie). Verder net bekende plekke. Ek gaan moontlik volgende week gou China toe, afhangende van of ek betyds 'n visum kry. Ek plaas nou 'n fotoverhaal van die afgelope twee weke. (My Blogger is op die oomblik in Koreaans . . . ) Hier volg sommer 'n paar straattonele van Seoel, waar ek nou is. Die plek laat my baie dink aan flieks wat ek al van Japan gesien het. Ek persoonlik weet maar baie min van Korea, maar ek weet hulle en die Jappanese haat mekaar, hoewel hulle eintlik baie eenders is. Dis 'n baie, baie indrukwekkende stad, met mense wat lyk of hulle net werk, werk, werk, en dan baie, baie hard kuier as die werk klaar is. En nie slaap nie. Nooit slaap nie, behalwe op die subway.





No comments: